Die Wow Selfoonsak
Beskrywing
Belangrik:
Hierdie besonderse selfoonsakkie is een van sy soort. Die kombinasie van leer en safte fluweel is perfek vir mekaar.
Die sakkie het sterk D-ringe sodat jy jou band kan verander as jy sou verkies.
Klein in grootte. Groot in karakter.
Elke dag se noodsaaklikhede, netjies en naby aan jou hart.
Die Selfoonsak is lig, prakties en met sorg handgemaak — perfek vir jou selfoon, kaarte en ’n paar klein items wanneer jy vinnig uitgaan.
Ideaal vir vinnige uitstappies, markdae of wanneer jy net die nodigste saam wil dra.
👉Afmetings:
Hoogte: ± 22 cm
Breedte: ± 15 cm
Diepte: ± 1,5 cm
👉Materiaal:
• Duursame leer
• Sagte Fluweelmateriaal
• Metaal hardeware
Prakties genoeg vir elke dag. Mooi genoeg om raakgesien te word!
✨ Handgemaak met liefde
Soos alles by Storie & Leer, word elke stuk stadig en met aandag gemaak — want elke skepping vertel ’n storie.