My storie

Storie & Leer het begin in 'n klein dorpie,
waar dinge nog stadig en met sorg gemaak word.
Elke produk wat jy hier sien, word persoonlik deur my gemaak —
sonder haastigheid, maar met aandag, liefde en trots.
Ek het myself geleer om leerwerk en handsakke te maak en is baie trots op elke unieke skepping.
Ek glo dat ware kwaliteit tyd neem.
Dat elke steek, elke stuk leer en elke detail deel is van 'n groter storie.
My passie vir leerwerk en handwerk
het gegroei uit 'n liefde vir egtheid —
vir dinge wat lank hou en saam met jou oud word.
Handewerk is my passie en ontvlugting.
Geen twee sakke is ooit presies dieselfde nie, want elkeen word uniek gemaak, net soos die mense wat dit dra.
Storie & Leer is nie massaproduksie nie.
Dis persoonlik.
Dis plaaslik.
Dis eerlik.
Dankie dat jy deel is van my storie
en dat jy harde handewerk uit 'n klein dorpie waardeer en ondersteun.
Met waardering,
Jacqueline
Storie & Leer