Die Stylvol sak - Handgemaakte lap sak
Beskrywing
Elke sak word stadig gemaak — soos dinge nog gemaak word in ’n klein dorpie.
Die Stylvol Sak is ’n ligte, gemaklike dra-sak met ’n elegante protea-patroon, ontwerp vir daaglikse gebruik met ’n tikkie styl.
Hierdie sak is met sorg en aandag aanmekaar gesit.
Geen twee sakke sal ooit presies dieselfde wees nie.
Ideaal vir jou beursie, selfoon, sleutels en ander noodsaaklikhede — perfek vir vinnige uitstappies, kuier of werk.
Produkbesonderhede:
• Materiaal: Kwaliteit-lap
• Ontwerp: Protea-patroon
• Ongeveer 33cm wyd, 25,5cm hoog en 13cm diep
• Handvatsels: Versterkte lap
• Sluiting: Ritssluiter
• Voering: Lapvoering
• Handgemaak in Suid-Afrika
Elke ontwerp kan weer herhaal word, maar sal selde presies dieselfde wees.
Slegs een beskikbaar.
Wanneer dit weg is, is dit weg.
Storie & Leer.
Uit ’n klein dorpie se hart.