Die Juffrou Sak
Beskrywing
Elke sak word stadig gemaak — soos dinge nog gemaak word in ’n klein dorpie.
Die Juffrou Sak is ’n ruim, sterk dra-sak wat prakties en karaktervol is — perfek vir die vrou wat elke dag voorbereid en stylvol wil wees.
Met ’n kombinasie van egte leer en ’n vrolike sonblom-lappatroon, vertel elke blokkie sy eie storie.
Geen twee sakke sal ooit presies dieselfde wees nie.
Dit is ideaal vir skoolboeke en lêers, sowel as daaglikse noodsaaklikhede.
Produkbesonderhede:
• Materiaal: Egte leer en kwaliteit-lap
• Ontwerp: Handgemaakte blokpatroon
• 30cm hoog x 33cm wyd en 13cm diep
• Plastie lêerverdeler-insetsel ingesluit
• Handvatsels: Egte leer
• Sluiting: Ritssluiter
• Voering: Lapvoering
• Handgemaak in Suid-Afrika
Elke ontwerp kan weer herhaal word,maar sal selde presies dieselfde wees.
Slegs een beskikbaar.
Wanneer dit weg is, is dit weg.
Storie & Leer.
Uit ’n klein dorpie se hart.